TERME EN VOORWAARDES

1. Die aanlynveiling open 15 Maart 2024 en is aktief tot 23 Maart 2024 tot en met 12:00 die middag.

2. Na afloop van veiling het die suksesvolle koper 7 dae tyd om betaling te doen, indien hy versuim is die tweede hoogste bod die wenner.

3. Na afloop van die veiling sal die suksesvolle koper aan die betrokke boer bekendgestel word om verdere inligting uit te ruil.

4. Kopers van jagpakkette is welkom om met boere en gastehuise te reël vir meer wild, meer gaste en meer tyd.

5. Tensy anders vermeld is alle wild verteenwoordigend t.o.v. hulle spesie en nie noodwendig trofee diere nie.

6. Bankbesonderhede sal verskaf word vir betalings.

7. Alle jagters sal ‘n vrywaring vorm moet onderteken by aankoms op die betrokke plaas.

8. Alle pakkette wat in 2024 gekoop word, moet in 2024 gejag word.

9. Die koper sal met die boer ooreenkom vir n geskikte datum vir die jag.

10. Alle pakkette wat koedoes behels, moet binne die jagseisoen geskied.  

11. Jagte word gedoen binne die wetlike raamwerk soos deur Departement van omgewingsake bepaal.

12. Termes en Voorwaardes by plase kan verskil en jagters sal ekstra dokumentasie by betrokke plaaseienaars ontvang met bespreking van die pakket.

13. Volkskool Oudskolierebond is ‘n organisasie wat ‘n artikel 18 A sertifikaat kan uitreik vir donasies.